Pietie en Minnie se avontuur
Theresa J van Vuuren
R80.00
Duik in ’n opwindende wêreld onder die vloerplanke waar klein muisie, Pietie, groot drome droom! In die kelder van ’n huis leef hy en sy familie ’n besige lewe – maar elke dag bring nuwe uitdagings, veral wanneer die kwaai boerboel, Boela, waghou oor die erf.
Met ’n rugsakkie vol moed en ’n kop vol planne leer Pietie om sy vrese te trotseer en sy eie pad te vind. Langs die pad wag verrassings, vriendskap en avonture wat hom sal verander.
’n Hartroerende en avontuurlike storie vir jong lesers oor dapperheid, slim planne en grootword.

