Quill Craft Publishers

Gee geloof 'n stem deur bemoedigende Christelike literatuur in Afrikaans en Engels.

Woorde word boeke — gee vlerke aan jou drome.
By Quill Craft glo ons dat elke boek met ’n woord begin... en eindig as ’n vlerk aan iemand se geloof, hoop of lewenspad

Ons is die ideale publikasievennoot vir:

  • Debuutskrywers wat nie weet waar om te begin nie

  • Skrywers van getuienisse, geloofsboodskappe en inspirasie

  • Ouer mense wat hul lewensverhale wil opteken

  • Onderwysers, beraders en leraars wat hul kennis wil publiseer

  • Tieners of jong volwassenes met ’n storie op die hart

Quill Craft Publishers is die trotse uitgewer van PUNT GESINSTYDSKRIF

Die aanlyn tydskrif PUNT is ’n inspirerende publikasie wat fokus op geloof, kreatiwiteit, skryfwerk en die stemme van opkomende en gevestigde skrywers. Sedert sy ontstaan het PUNT gegroei tot ’n gemeenskapsplatform wat honderde lesers maand na maand aanraak.

BESOEK QUILLPUNT.ONLINE OM DIE NUUTSTE UITGAWE TE LEES

Ons Missie: Bemoedigende Christelike Literatuur

By Quill Craft Publishers glo ons in die krag van woorde – woorde wat genees, inspireer, rigting gee en geloof versterk. Ons missie is om hoop, waarheid en lig in die wêreld te bring deur Christelike literatuur van gehalte, geskryf in Afrikaans én Engels.

Ons streef daarna om:

  • Skrywers ’n stem te gee wat God verheerlik,

  • Lesers aan te moedig om nader aan Christus te leef,

  • En die rykdom van geloof op kreatiewe en eerlike maniere vas te vang.

Elke publikasie is vir ons ’n saadjie van geloof – ’n manier om harte aan te raak, gesinne te versterk, en gemeenskappe te bemoedig met lewende woorde wat sin en diepte bring.

Ons is meer as net ’n uitgewer. Ons is ’n getuienis op papier.

Hoewel Quill Craft Publishers ’n Christelike uitgewer is, oorweeg ons graag manuskripte van algemene of sekulêre aard, mits die inhoud in lyn is met Christelike norme en waardes. Ons stel belang in stories wat die goeie in mense uitlig, gesonde gesinswaardes bevorder, hoop bring en lesers se harte aanraak — sonder onwelvoeglike taal of afbrekende temas.

By Quill Craft Publishers verwelkom ons manuskripte in ’n wye reeks genres – van fiksie tot niefiksie, van kortverhale en romans tot poësie, dagstukkies, kinderboeke, biografieë, jeugliteratuur en inspirasiewerke. Solank die inhoud bemoedigend, opbouend en in ooreenstemming met Christelike norme en waardes is, is ons oop om dit te oorweeg vir publikasie. Ons glo dat geloof op verskeie maniere en deur verskeie stemme tot uiting kom – en ons gee graag ruimte daarvoor.

Ons gee vlerke aan jou drome.

Kontak ons

Connect

Join us in sharing uplifting Christian literature.

Kontak

qcpub1@gmail.com

© 2025. All rights reserved.