Die anderste Diff maak 'n verskil - Jan en Mariska Conradie
Jan en Mariska Conradie
R90.00
In ’n klein dorpie tussen bos en branders woon Diff – ’n skulp-mens wat net ’n bietjie anders is. Waar ander volg, dink hy self. Waar ander stilbly, vra hy vrae. Maar wanneer ’n sogenaamde “profeet” met sy woorde die dorp begin beïnvloed en vrees saai, verander alles.
Skielik word anders wees verdag. Vriendskappe word gebreek. Waarheid word verdraai. En Diff moet kies: stilbly soos almal… of opstaan vir wat reg is.
Met moed, wysheid en ’n hart wat nie kan stilbly nie, neem Diff standpunt in – en wys dat een stem wérklik ’n verskil kan maak.
’n Treffende en verbeeldingryke storie oor waarheid, identiteit en die krag van anders wees.

